Selecciona tu idiomaSeleccionar idioma españolSelect English languageWähle deutsche SpracheSélectionner la langue française

Piet Botha - Die Gemmerbroodman

Letra traducida de Piet Botha - Die Gemmerbroodman al idioma

  • 23 visitas
  • Publicado 2024-06-04 00:00:00
  • 0 Comentarios
  • 0 likes

Die Gemmerbroodman


Haai ek is tog te oulik
met my bakkies blink poleer
whatever jy verdien, ek verdien tog meer
en ek maak my bek oop
elke kans wat ek kry
want ek is so belangrik
die wêreld moet weet van my

Hier kom die gemmerbroodman
hy's 'n selfvoldane kalant
maar oppas my ou maat
want die ou spreekwoord praat
elke boontjie kry sy loon
jy gaan maklik terug in die oond
o die gemmerbroodman ...

Haai ek is tog te oulik
elke spieël sê dit vir my
en as ek iets wil hê sal
my bestuurder dit vir my kry
my naam in goue letters
maak seker dis reg gespel
daar gaan my foon alweer
dis Rapport wat my bel

Want ek is die gemmerbroodman
almal hou van my
van Gobabis tot in Bethlehem
en tot onder in die Kaap
ek is die gemmerbroodman
almal hou van my
ek tel my geld in die nag
as al die ander mense slaap

Haai ek is tog te oulik
ek kan al die wyse manne kwoteer
al het ek eintlik nie 'n clue
ons moet almal probeer
en as dit nie wil werk nie
dan sal ek jou gou vertel
van hoe baie geld ek gemaak het
en wie onder my vriende tel
hier kom die gemmerbroodman ...


Por el momento, a nadie le gusta este artículo

Publicado el: 2024-06-04 00:00:00 por panzas


Escrito Por: panzas

Holaaa a todos muchas gracias por ver mis traducciones y escribirme sigan mandando sus peticiones yo las voy a traducir con mucho gusto!! :) saludos

Blogs Publicados

0

Última vez visto

Comentarios

¡Hey! estas de suerte, nadie ha comentado este artículo, se el primero y deja tu comentario.

Necesitas estar registrado para dejar comentarios

Entra con tu cuenta de usuario y disfruta de todos los beneficios.

Crea tu cuenta ó Inicia sesión

    Más canciones traducidas de Piet Botha